Oor Ons ━

Betroubare Afslaers Sedert 1965

Tobie Myburgh Afslaers is ‘n gevestigde naam in die landbou- en veilingsbedryf. Vanuit Bloemfontein, in die hart van die Vrystaat, lewer ons professionele, betroubare en persoonlike diens aan produsente, kopers en verkopers regoor Suid-Afrika.

Met dekades se ervaring bied ons ‘n volledige reeks veilings- en bemarkingsoplossings, insluitend lewende hawe, eiendomme, staakboerderye en los goedere. Ons span verstaan die waarde van eerlikheid, deursigtigheid en langtermyn-verhoudings, en streef daarna om elke kliënt met integriteit en kundigheid te bedien.

As trotse geregistreerde lede van SAIA, PPRA en APAC voldoen ons aan die hoogste professionele standaarde, sodat u met volle vertroue van ons dienste gebruik kan maak.

ONS DIENSTE

Professionele veilings- en bemarkingsdienste

Tobie Myburgh Afslaers bied ’n volledige reeks veilings- en verwante dienste wat ontwerp is om produsente, kopers, verkopers, boedels en die breër landbougemeenskap te ondersteun.

Lewendehaweveilings

Weeklikse en maandelikse veilings vir beeste, skape, bokke, varke en kalwers.

Eiendomsveilings

Veilingsdienste vir plase, kommersiële eiendomme en ander vaste eiendom.

Losgoedveilings

Veilings vir roerende goedere, plaasitems, toerusting, gereedskap en ander bates.

Plaasverkope

Hulp met die bemarking en verkoop van plase en landbou-eiendomme.

Voertuie & Implemente

Veilings vir voertuie, sleepwaens, landbou-implemente en verwante toerusting.

Staakboerderye

Volledige ondersteuning vir boere wat hul boerderybedrywighede beëindig.

Boedelveilings

Veilingsdienste vir normale, insolvente en bestorwe boedels.

Waardasies & Graanbemarking

Professionele waardasies en ondersteuning met graanbemarking.

Veilingskalender / Auction Calendar

Gereelde lewendehaweveilings in:
Bloemfontein, Theunissen en Excelsior.

Bly op hoogte van ons gereelde lewendehaweveilings.
Hier vind u alle belangerike datums, plekke en tye vir
ons weeklikse en maandelikse veilings.

Weeklikse Lewendehaweveiling – Bloemfontein

Weekly Livestock Auction – Bloemfontein

Maandelikse Lewendehaweveiling – Theunissen

Monthly Livestock Auction – Theunissen

Maandelikse Lewendehaweveiling – Excelsior

Monthly Livestock Auction – Excelsior

Proud Registered Members Of