39ste Produksieveiling – Palmietfontein Bonsmaras

Tobie Myburgh Afslaers BK bied met trots die 39ste Palmietfontein Bonsmaras Produksieveiling aan.

Die veiling vind plaas op 10 September 2026 om 11:00 in die Brandfort distrik.

Aanbod op veiling

35 SP Bulle
200 Vroulike diere in alle produksie stadia

Die diere is 100% ingeënt teen Bek-en-Klouseer. Al die diere is BM- en TB-vry en het volledige inentingsprogramme ondergaan. Die bulle se vrugbaarheid is getoets, asook vir die dubbelbespieringsgene. Die dragtigheidstatus van die vroulike diere is gesertifiseer en hul ouderdomme is bekend.

Veilingbesonderhede

Datum: 10 September 2026
Tyd: 11:00
Ligging: Brandfort distrik
Veiling: Palmietfontein Bonsmaras Produksieveiling
Aangebied deur: Tobie Myburgh Afslaers BK

Kontakpersone

Quinton Ferreira: 083 377 9035
Gert van Jaarsveld: 083 462 2432
Sarel Myburgh: 082 415 5792
Theuns Visser — Afslaer: 082 338 1356